2009/05/11

Toets jou persoonlikheid

Om te weet watter van die 16 persoonlikheidstipes jy het, en hoe jy jou eie of iemand anders se persoonlikheidstipe moet verstaan, doen een van die volgende toetse (A en / of B) en lees dan op oor jou persoonlikheid (klik onderaan hierdie plasing):


A: Basiese persoonlikheidstoets
(ongeveer 60% tot 70% akkuraat).

Toets jouself op die 4 asse. As daar sekere asse is waar dit moeilik is om te kies, probeer om die beskrywing te kies wat jou die beste pas:


As 1: E of I

Kry jy energie daardeur om tussen mense te wees? - E - Ekstraverties

OF

Kry jy energie deur besig te wees met jou eie dinge en te reflekteer? - I - Intraverties


As 2: S of N

Is jy meer geneig om informasie te vertrou wat konkreteet, prakties, meetbaar en in die hede is, en is jy geneig om alle moontlike data te versamel voordat jy 'n besluit neem? - S - Sensories (Sensing)


OF

Is jy meer geneig om informasie te vertrou wat vir jou teorieties sin maak, abstrak is, en moontlikhede vir die toekoms inhou, en is jy geneig om maklik die "bottomline" raak te sien en maklik 'n besluit oor iets te neem? - N - Intuïtief


As 3: F of T

Is jy meer geneig om besluite te neem op grond van logiese, praktiese oorwegings op 'n konsekwente en regte manier? - T - Denkend (Thinking)

OF

Is jy meer geneig om besluite te neem deurdat jy die gevoelens van mense in ag neem en die konsekwensies van jou besluit vir mense, en streef jy in jou besluite na harmonie of konsensus tussen mense? - F - Gevoel (Feeling)

As 4: P of J

Is jy meer geneig om jou besluite, oortuigings en waardes aan die wêreld te wys, en voel jy meer gemaklik in 'n omgewing waarin jy beheer kan neem oor dinge in jou omgewing en gereeld uitsluitsel (closure) kan kry oor die maksimum hoeveelheid dinge? - J - Oordelend (Judging)

OF

Is jy meer geneig om jou informasie of persepsie van dinge aan die wêreld te wys, en voel jy meer gemaklik in 'n oop omgewing wat buigbaar is en jy besig kan wees met 'n klomp gelyktydige dinge en hulle nou en dan kan uitstel? - P - Persepsie-gedrewe (Perceiving)



B: Excel persoonlikheidstoets


Jy het Excel of 'n Excel viewer daarvoor nodig. Doen al 5 die afdelings. Lees die instruksies in die onderskeie afdelings en die vrae noukeurig. Beantwoord al die afdelings en al die vrae.

Laai af en epos dit na sales@plonk.co.za met 'n betaling van R50 in FNB (Rek naam: TRU Developing. Rek no: 62161914281. Takkode: 200610). Gebruik jou naam en van as verwysing op jou inbetaling, asook in jou epos. "Professor Persoonlikheid" sal die resultate aan jou terug epos sodra die geld in die rekening ontvang is.


Lees op oor jou persoonlikheid


Begin by hierdie artikel (blog net hieronder). Dit gee 'n algemene oorsig oor die 4 asse. Dit sal jou ook help om te kies watter kant toe jy oorhel op elk van die 4 asse.

Kyk dan watter Persoonlikheidstipe die beste by jou pas. Klik op die tipe wat jou persoonlikheid die beste beskryf en lees daaroor. Dit help jou om jouself en die mense rondom jou beter te verstaan:

(Kommentaar, vrae of opmerkings is welkom)

Die 16 persoonlikheidstipes

Die 16 persoonlikheidstipes wentel rondom 4 hoof-indikators:

E-I as. “E” staan vir “Ekstraverties” en “I” staan vir “Introverties.” Let wel, “ekstraverties” met ‘n “a”. Dit is nie presies dieselfde as “ekstroverties” nie. “Ekstraverties” dui op die invloed van die eksterne wêreld op jou, wat meestal te doen het met aksie, dinge, mense en omstandighede. “Introverties” dui op die invloed van jou interne wêreld op jou, wat te doen het met jou eie idees en refleksies. In kort, "E" dui op 'n basiese direksie na buite en "I" dui op 'n basiese direksie na binne. Ekstravertiese persone kry energie om tussen mense te wees en introvertiese mense kry energie om tye alleen te wees en te reflekteer. Introvertiese persone kan ook uitstekende sosiale vaardighede hê, maar dit tap hulle. Ekstravertiese persone is ook nie noodwendig partytjie-vrate nie, maar word gedryf deur hulle eksterne wêreld. Introvertiese mense is nie noodwendig skaam en teruggetrokke nie, maar word gedryf deur hulle interne wêreld.

S-N as. “S” staan vir “Sensories” (Sensing) en “N“ staan vir “Intuïsie.” Dit het te doen met die manier waarop informasie bekom word – Persepsie-funksies (Perceiving functions) – “P” funksies. Dit beskryf hoe informasie verstaan en geïnterpreteer word. “S” persone verkies om informasie te vertrou wat konkreet, prakties, tasbaar en in die hede is, wat deur middel van die 5 sintue waargeneem kan word. Hulle verkies om na die objektiewe feite en data te kyk. “N” persone sal meer geneig wees om informasie te vertrou wat abstrak en teoreties is. Hulle sal geneig wees om ‘n wyer konsep te soek en meer geïnteresseerd wees in toekomstige moontlikhede. Hulle benadering tot probleemoplossing sal meer intuïtief en innoverend van aard wees en die “S” persoon sal meer sistematies en volgens die boek werk. Vir "S" persone is die betekenis van iets in die data self opgesluit, terwyl vir die "N" persoon is die betekenis in die manier hoe die data ooreenstem met die patroon of teorie. “N” persone sal makliker tot ‘n slotsom oor iets kom en “S” persone sal meer huiwerig wees om te vinnig tot ‘n konklusie oor iets te kom omdat hulle eers al die feite en data wil bekom voordat hulle ‘n besluit sal neem. “N” persone kan daarom meer definitiewe en kategoriese standpunte inneem (reg of weg / alles of niks / swart of wit) terwyl “S” persone ‘n meer tentatiewe, voorlopige, gebalanseerde standpunt oor iets kan inneem. “N” persone kan daarom baie gou (soms te gou) besluite neem en “S” persone neem langer om besluite te neem (soms te lank).

F-T as. “F” staan vir “Gevoel” (Feeling) en “T” staan vir “Denkend” (Thinking). Dit het te make met wat jou besluite laat neem – Oordelende funksies (Judging functions). – “J” funksies. “F” persone is meer geneig om besluite te neem op grond van dit wat mense voel, empatie met omstandighede, harmonie en konsensus tussen mense. In die proses speel mense se behoeftes ‘n belangrike rol. “T” persone neem besluite op ‘n meer objektiewe, rasionele, logiese konsekwente manier. “F” persone is meer gevoelsmatige mense en hulle kan nie hulle gevoel so maklik wegsteek nie. “T” persone kan hulle gevoel makliker wegsteek en kan meer “detached” wees van mense en persoonlike omstandighede. “F” persone is egter nie minder denkend nie, maar neem besluite meer op grond van mense se gevoelens. “T” persone is ook nie noodwendig onvaardig om hulle gevoel uit te druk nie, maar neem besluite meer op grond van logiese reëls.

P-J as. “P” (Perceiving) staan vir die twee “Persepsie-funksies” (S en N) en “J” (Judging) staan vir die twee “Oordelende funksies” (F en T). Hierdie indikator dui aan watter funksie, P (S of N) of J (F of T) aan die wêreld gewys word. Dit is jou “ambassadeur” na buite – dit is jou basiese modus waarmee jy met die wêreld daarbuite te werk gaan. "P" dui oor die algemeen daarop dat jy jou oordeel oor dinge uitstel of oop hou (daar is dus 'n mate van verband met "oopkop" wees en buigsaamheid), terwyl "J" daarop dui dat jy tot meer definitiewe konklusies en waarde-oordele kom (daar is dus 'n mate van verband met beginselvastheid en rigiditeit). Die "P" persoon is meer informatief en die "J" persoon is meer direktief. Daar is ook 'n mate van van korrelasie met die sg. linker of regterbrein dominansie. “P” persone is oor die algemeen meer regterbrein ge-oriënteerd en “J” persone is oor die algemeen meer linkerbrein ge-oriënteerd. Omdat “P” persone hulle S-N funksie aan die wêreld toon, sal SP persone oor die algemeen voorkom as meer prakties en NP persone as meer abstrak en teoreties. Omdat die “J” tipes hulle F-T funksie aan die wêreld toon, sal die TJ tipes oorkom as logies en rasioneel, terwyl die FJ tipes oorkom as empaties. Vir “E” -tipes is die “amabassadeur” (J-P voorkeur) die dominante funksie, terwyl by die “I” -tipes is dit net mooi omgekeerd - die “ambassadeur” (J-P voorkeur) is die sekondêre funksie. Met ander woorde, by ‘n IJ persoon is die “P” -funksies dominant (IS of IN) en by ‘n IP persoon is die “J” -funksies dominant (IF of IT). Omdat "J" persone se oordeel oor dinge of mense sterker na vore sal tree, sal EJ persone meer oorkom as mense wat ander sal beheer op grond van hulle oordeel, en IJ persone as mense met wat 'n vaste opinie het oor mense of dinge maar nie mense daardeur wil beheer nie, tensy dit van hulle verwag word. Omdat "P" persone se perspsie van dinge sterker na vore sal tree, sal EP persone se persepsie van dinge (hetsy gefokus op teoretiese dinge: N of praktiese dinge: S) duidelik aan mense bekend wees, terwyl IP persone se persepsie van dinge (hetsy gefokus op teoretiese dinge: N of praktiese dinge: S) ook waargeneem kan word, maar 'n sekondêre rol speel, ondergeskik aan hulle Introverte oordelende funksie (gevoelens van mense: IF of logiese, rasionele denke: IT). J persone oor die algemeen sal meer tuis voel in 'n geordende, beheersde omgewing, terwyl P persone oor die algemeen meer tuis sal voel in 'n oop, buigbare omgewing. Vir SJ persone sal dit langer neem en meer krag vra om 'n groot verandering te maak en vir NP persone sal vinniger en makliker wees om 'n groot verandering te maak. J persone (veral EJ Persone) sal geneig wees om hulle besluite sterker op mense af te dwing, terwyl P persone hulle besluite nie so sterk op mense sal wil afdwing nie. J persone sal meer geneig wees om konsensieus te wees en P persone sal geneig wees om meer buigsaam te wees.

INFP

Introverted feeling (Idealist / Crusader / Healer).

Occupations: Writer, Councelor, Teacher, Psycologist, Religious Worker
IF. Primêr Introverties Gevoel. Hulle is mense wat nooit hulle sin vir verwondering verloor nie. Hulle sal altyd die positiewe in iets raaksien. Hulle kan liefde openbaar vir die slegste mense. Hulle sal ook dikwels aan mense die “voordeel van die twyfel” gee. Hulle is oor die algemeen goeie luisteraars, neem mense se gevoel in ag en laat mense op hulle gemak voel. In konfliksituasies is hoe mense voel en hoe hulleself voel belangriker as die “reg” of “verkeerd.” Hulle kan soms baie idealisties wees in hulle begeerte “om die wêreld ’n beter plek te maak.” Hulle sal maklik goeie dade kan doen vir mense of iets doen om ‘n goeie saak te bevorder en kan self baie satisfaksie daaruit put. Hulle kan ‘n sterk verbeelding hê, en INFP-kinders mag dikwels verbeeldingsmaatjies hê. Hulle het geweldige diepte van gevoel. Hulle het dikwels baie hoë etiese waardes wat selfs te hoog is vir hulleself en kan daarom baie hard wees op hulleself. Hulle beskik dikwels oor die vermoë om komplekse of tegniese “jargon” om te sit in gewone of maklike terme. Die P-Funksie maak dat hulle die “groter saak” (greater cause) so belangrik kan ag dat die gewone detail en rompslomp van die lewe soms by hulle verby kan gaan. Die P maak ook dat hulle baie buigsame en “laid-back” mense is totat een van hulle sterk waardes in gedrang kom. Dan kan hulle passievolle vegters word vir dit waaroor hulle sterk voel.

EN. Sekondêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle is baie intuïtief met mense. Hulle is permanent opsoek na die waarheid en dieper betekenis van die lewe en kyk hoe hulle dit op hulle eie lewe kan toepas om beter mense te wees. Die EN in kombinasie met die IF kan maak dat hulle uitstekende taal-vaardighede het en goeie skrywers kan wees. Die N kan maak dat hulle hou van nuwe apparate en speelgoed (gadgets).

IS. Tersiêr Introverties Sensories. Dit is baie verborge en kom selde na vore. Dit kom waarskynlik die beste na vore in “absent mindedness” of soms wêreld-vreemdheid (“other-worldliness”).

ET. Inferior Ekstraverties Denkend. Dit kom na vore as die INFP ‘n afhandeling (closure) in sy/haar eie gemoed wil kry. Hy/sy kan homself/haarself selfs vermom in sy/haar ESTJ-baadjie. Maar dit neem baie energie op. Die problematiese aard hiervan is die gebrek aan proporsie en konteks van die ET-funksie. Enkele onpersoonlike feite mag dalk ‘n buite-proporsionele prioriteit geniet.

ENFP

Extraverted intuition (Inspirer / Explorer).

Occupations: Consultant, Psychologist, Entrepeneur, Teacher, Television Reporter, Engineer

EN. Primêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle is beide mense-mense en idee-mense. Hulle wil beide mense help (en inspireer) en deur mense erken en bewonder word. Hulle is in beginsel geïnteresseerd in nuwe idees. Hulle hou van mense en genot saam met mense en kan hulleself (dikwels onbewustelik) die middelpunt van belangstelling tussen ‘n groep mense maak. Hulle sterk EN funksie kan maak dat hulle te haastig tot groot gevolgtrekkings kom. Hulle het sterk oortuigings in ooreenkoms met hulle dikwels onkonvensionele, kosmiese lewensuitkyk. Hulle hou daarvan om sagkuns mense te oortuig van hulle sienings en verstaan van die wêreld. Hulle is uitstekende idee-vormers en ‘n sterk bate by ‘n dunkskrum. Hulle sal egter verkies om nie self hulle idees uit te voer nie en verwag dikwels van ander om nie net saam entoesiasties te wees nie, maar ook om te “hardloop” met sy idees. Dit kan soms lei tot verkeerde verwagtinge van ander. In ‘n krisis-situasie kan die inklinasie om ander te inspireer ook na die negatiewe kant toe figureer. Hulle kan melodramaties raak en oorreageer, maar ter selftertyd van ander verwag om ook ook so sterk daaroor te reageer. As hulle dit nie doen nie, kan die ENFP sommer iets sê soos: “Jy voel ook niks vir dit of vir dat nie.” Om klaar te maak waarmee hulle begin het, kan soms ‘n probleem wees omdat hulle gou verveeld of kriewelrig kan raak met take, veral as die take van herhalende of administratiewe aard is. Hulle sal eerder met iets nuuts wil begin of ‘n manier uitwerk om take vinniger en makliker te doen. Dit kan selfs daartoe lei dat hulle langer vat om monotone take uit te voer omdat hulle heeltyd besig was om ‘n korter metode uit te werk. Hulle hou hulleself ook dikwels besig met gelyktydige take. Die EN-funksie gee ook aanleiding daartoe dat hulle hou van nuwe uitvindsels of nuwe plekke. ENFP's hou nie baie daarvan om beheer te word nie, maar wil self ook nie ander beheer nie.


IF. Sekondêr Introverties Gevoel. Gevoel speel ‘n belangrike rol en is baie sigbaar by ‘n ENFP. Maar eerder as dat hulle sal praat oor hoe hulle voel, sal hulle dit baie sterk wys aan ander en deur middel van lyftaal of deur oorreaksie te kenne gee. Hulle steek nie maklik hulle gevoel weg nie. Wanneer hulle wel praat oor hulle gevoel, is dit dikwels met geweldige passie, romanse en suiwerheid wat amper uit plek is in ‘n onvolmaakte wêreld.


ET. Tersiêr Ekstraverties Denkend. Dit kom na vore wanneer die ENFP tot objektiewe, nie-persoonlike konklusies kom. Dit figureer egter nie as ‘n prominente funksie nie, en is ondergeskik aan die meer promimente EN en IF funksies.


IS. Inferior Introverties Sensories. Dit kom baie selde na vore. In uiters stresvolle situasies kan dit gebeur dat hulle hulleself besig hou met eindelose detail. Maar dit kom waarskynlik die sterkste na vore in die feit dat hulle hulle vriende se opinie as baie belangrik ag.

INFJ

Introverted intuition (Intuitive appreciater / Counselor).

Occupation: Teacher, Psycologist, Counselor, Photographer, Writer, Religious Worker

IN. Primêr Introverties Intuïtief. Hulle is sagte, liefdevolle, komplekse en hoogs intuïtiewe individue. Hulle is dikwels kunstig en kreatief. Hulle leef in ‘n wêreld van verborge betekenis en moontlikhede. Hulle weet dinge intuïtief, sonder om noodwendig te weet hoekom – en hulle is gewoonlik reg – hulle sal nie sommar aan die neus gelei word nie. Hulle is natuurlike versorgers, beskermers en begeleiers van mense en hulle gevoelens. Die J (judging) aspek van hierdie persoonlikheidstipe kom dikwels nie sterk na vore nie, en word dikwels oorskadu deur die gevloelens van ander (Sekondêre EF-funksie). Die J is waarskynlik die beste sigbaar omdat hierdie persone nie maklik is om te lei nie, maar ook omdat hulle baie perfeksionisties t.o.v. hulleself kan wees en kan voel daar is baie ruimte vir verbetering.


EF. Sekondêr Ekstraverties Gevoel. Dit dui daarop dat die INFJ dinge hanteer op grond van hoe hulle daaroor voel, of die mate waarin dit ooreenstem met hulle waardes. Hulle voel dikwels sterk oor dinge, maar sal dit eerder met naby mense deel, of daaroor skryf. Hulle is dikwels uitstekende skrywers.


IT. Tersiêr Introverties Denkend. Denke is na binne en op die subjek gefokus. As hierdie funksie na vore kom, kan hulle soms afsydig voorkom of selfs voorkom of hulle kontak met die werklikheid verloor. Maar dit is eerder ‘n teken dat hulle dan prioriteit gee aan die denkende funksie.

ES. Inferior Ekstraverties Sensories. Dit kom soms na vore omdat hulle dikwels spontaan en ekstraverties wil wees en selfs by tye die rol van ‘n ESFP kan aanneem.

ENFJ

Extraverted feeling (Giver / Counselor).

Occupations: Teacher, Sales Rep, Consultant, Psychologist, Social Worker, Writer

EF. Primêr Ekstravertiese gevoelsmens. Hulle het uitstekende mensvaardighede en interpresoonlike verhoudings, asook die vermoë om mense se gevoelens goed te kan opsom. Hulle kan die beste uit mense na vore bring. Liefde, bystand en ondersteuning van mense is vir hulle die belangrikste in die lewe. Hulle het die vermoë om die maksimum uit mense te kry. Gewoonlik is hulle motiewe goed, maar dit kan omsit in manipulasie. Hulle kan hulle optrede teenoor mense so deur ander se behoeftes laat bepaal, dat hulle verkleurmannetjie kan speel na gelang van die omstandighede. Dikwels het hulle ‘n groot vriendekring maar soms sonder werklik diepgaande verhoudinge. Hulle kyk gewoonlik na die groter prentjie. Hulle kan baie gelyktydige sosiale verantwoordelikhede of projekte hanteer (soms ten koste van hulleself).

IN. Sekondêr Introvertiese Intuïsie. Hulle intuïsie is dinamies en laat hulle dikwels van een projek na ‘n ander beweeg met die versekering dat die volgende een perfek sal wees. Hulle kyk konstant na maniere om hulle groot familie, personeel of organisasie te bevoordeel.

ES. Tersiêr Ekstraverties Sensories. Hulle kan met detail werk, veral dit wat hulle visie ondersteun. Hierdie data het amper ‘n magiese, aanpasbare kwaliteit. Iets kon gekoop gewees het met baie emosie, maar dieselfde item kan verkoop word asof dit geen waarde het nie.

IT. Inferior Introverties denkend. Dit kom uiters selde na vore. Hulle wil selde alleen wees. Dit sal dikwels ‘n misteriese hunkering by hierdie individue wees.

INTP

Introverted thinking (Thinker, Architect).

Occupations: Computer Programmer, Architect, Physics, Chemist, Strategic planner, Professor, Mathematician

IT. Primêr Introverties Denkend. Hulle leef in ‘n wêreld van teoretiese moontlikhede. Hulle sien alles in terme van hoe dinge verbeter kan word of waarin dit omskep kan word. Hulle leef hoofsaaklik in hulle eie denke en het die vermoë om sin te maak van ingewikkelde probleme of tendense. Hulle kan sulke sterk individualistiese denkers wees dat hulle bietjie in hulle eie wêreldjie kan leef. Teoretisering hoef nie altyd tot praktiese uitvoerbaarheid te lei nie, maar kan “oop” bly. Die “verstrooide professor” is ‘n klassieke voorbeeld. Hulle kan teoretiese probleme op ‘n uiters innoverende manier oplos op hulle eie manier (individualisties), sonder om die gebaande weë te gebruik om daarby uit te kom. Hulle kan objektief krities wees in hulle analises.


EN. Sekondêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle kan goed “brainstorm.” Dit is in ooreenstemming met sy innerlike denkwêreld. Hulle kan ook hou van speletjies, bv. skaak, woordspeletjies, speletjies met nommers, ens.


IS. Tersiêr Introverties Sensories. Hulle kan feite bymekaarmaak op dieselfde manier as ISTJ’s. Dit dien egter die intuïsie. Bewustheid van hulle omgewing is nie ‘n sterkpunt nie en kan slegs by hoë uitsondering na vore kom.

EF. Inferior Ekstraverte Gevoel. Gevoel neig daarna om alles of niks te wees. As gevoel vir ander teenwoordig is, kan dit intens maar naïef wees. Hulle kan besluite oor interpersoonlike sake in die lug laat en dit uitstel solank iemand nie aanstoot neem of beseer word nie.

ENTP

Extraverted intuition (Visionary / Entrepreneur / Inventor).

Occupations: Consultant, Sales Representative, Psychologist

EN. Primêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle primêre lewensingesteldheid is om hulle leefwêreld te verstaan. Hulle is visionêre en innoverende persone, en het gewoonlik ‘n baie dieper verstaan van hulle leefwêreld as meeste ander persoonlikheidstipes (behalwe die ENFP). Hulle hou daarvan om idees en beelde oor situasies te absorbeer. Hulle is gewoonlik vinnig om ‘n situasie op te som en vinnig ‘n oplossing vir ‘n situasie te kan uitdink. Hulle kan gou hulle besigheidstrategie verander, verbeter of eksperimenteer. Hulle is gewoonlik goed in dinge wat hulle interesseer. Hulle hou van nuwe idees en om ander mense daaroor opgewonde te maak. Moet net nie vir hulle vra om die idee uit te voer nie. Hulle sal eerder geneig wees om te verwag dat iemand anders opgewonde sal raak oor hulle idees en dit sal uitvoer eerder as om dit self alles uit te voer. Hulle kan soms dinge begin en dit nie klaarmaak nie.

IT. Sekondêr Introverties denkend. Hoewel hulle meer ingestel is om informasie te absorbeer as om besluite te neem, is hulle konklusies oor idees gewoonlik logies en rasioneel. Hulle kan ook goed kommunikeer en hou meer daarvan om oor hulle idees te praat as om daaroor te skryf. Hulle hou van debattering. Hierdie aspek kan bv. van hulle goeie prokureurs maak wat o.g.v. “loopholes” in die wet hulle kliente gou sal kan los kry.

EF. Tersiêr Ekstraverties Gevoel. Dit sal hoogstens uitdrukking vind in goeie wil met verkope, diens, drama, humor, kuns of lojaliteit teenoor naby vriende.

IS. Inferior Introverties Sensories. Onder stres kan hulle verlore raak in onbenullige detail.

INTJ

Introverted intuition (Scientist / Innovator / Mastermind).

Occupations: Scientist, Engineer, Business Administrator, Computer Pragrammer, System Analyst

IN. Primêr Introverties Intuïtief. Hulle leef in ‘n wêreld van idees en strategiese beplanning. Hulle beskik gewoonlik oor ‘n uitstekende vermoë om teoreties en abstrak te dink en ingewikkelde probleme op te los. Hulle is daarom dikwels innoverende denkers en wetenskaplikes. Hulle kan gewoonlik baie gou nuwe konsepte of idees verstaan. Anders as die INTP sal hulle nie nuwe idees te oop wil laat nie, maar tot ‘n konklusie wil kom. Dit moet prakties uitvoerbaar wees. Hulle maak goeie leiers as hulle in die posisie is, maar sal hulleself nie sommar in ‘n leiersposisie aanstel nie.

ET. Sekondê Ekstraverties Denkend. Dit staan meestal in diens van die primêre IN modus. Dit dien om die geldigheid van hulle idees en teorieë te bevestig. Dit kan dikwels die vorm aanneem van verdediging van sy/haar idees of teorieë.

IF. Tersiêr Introvertiese Gevoel. Dit vind meestal uitdrukking op die vlak van dit wat medemenslik, waardig of goed is. Dit kan uitmond in ‘n gesindheid van goeie wil, ‘n glimlag of ‘n kopknik. Humorsin is meestal "droog" en omdat hulle meestal "detached" is teenoor mense, kan hulle humor soms 'n aweregse of makabere kleur aanneem.

ES. Inferior Ekstraverties Sensories. Dit kom selde na vore en hou waarskynlik verband met die feit dat hulle meer geneig sal wees om sensasies te ervaar as om hulle te kategoriseer.

ENTJ

Extraverted thinking (Executive / Field Marshal).

Occupations: Executive Officer, Orginisation Builder, Computer Consultant, Business Administrator

ET. Primêr Ekstravertiese mense wat hulle denkwêreld na buite projekteer. Hulle is natuurlike leiers wat maklik mense kan organiseer en beheer. Hulle is meesters om op hulle voete te dink en kan op die ingewing van die oomblik planne en strategieë uitwerk en dit aan mense deurgee. Hulle energie wat hulle as denkers genereer kan indrukwekkend en selfs oorweldigend wees. Hulle vind dit ook maklik om rolle en take aan mense te deligeer. Hulle ideale en voorstelle is dikwels “larger than life” en dit is nie ongewoon dat hulle dikwels kan oordryf nie. Hulle kan maklik probleem-areas identifiseer en weet hoe om op te tree. Hulle vermoë om “detached” hulle eie emosie onder beheer te hou, maak hulle formidabele argumenteerders wat nie maklik die stryd sal gewonne gee nie. Indien hulle meegevoel met mense sal betuig, sal dit dikwels kripties en verbaal wees, sonder enige “stroperigheid.” Hulle sieninge is gewoonlik helder en ongekompliseerd. Indien die N en J beide sterk is, kan ‘n te oop, onnet of onvoorspelbare omgewing so ‘n persoon geweldig frustreer, en sal die ENTJ gewoonlik alles in sy/haar vermoë doen om “dinge onder beheer” te kry of om “loose ends” of onnodige detail te minimaliseer. Soveel so dat ander mense hulle soms beherend (contolling) kan ervaar, veral waar die ENTJ se manier van doen in botsing kom met ander SJ persone se manier van doen, of waar persone ‘n sterk voorkeur het vir buigsaamheid en “openendedness” (bv. EP persone).

IN. Sekondêr Introverties Intuïtief. Hierdie komponent figureer onderliggend baie sterk. Dit maak dat hulle vinnige besluite kan neem, maar ook dat hulle meer ingestel is op die “bottomline” en die groter prentjie as die detail. Soms kan hulle te vinnig besluit en nie al die feite in ag neem nie of selfs vinnige kategoriese uitsprake maak. Hulle omgewing sal dikwels so ongekompliseerd as moontlik wees. Bv. die minimum “icon’s” op die rekenaar, die minimum klere wat ingepak word vir reis, en hulle sal maklik dinge kan weggooi. Dikwels het hierdie minimalistiese trek ‘n baie individuele karakter. Bv. die “icon’s” se rangskikking op die rekenaar is “nie standaard nie,” dis nog beter en nog meer “user-friendly” as die standaard.

ES. Tersiêr Ekstraverties Sensories. Indien die dominante N en T tot bedaring kom, sal hierdie komponent na vore kom waar hulle die hier en die nou kan ervaar. Dit vind dikwels uitdrukking in avontuurlustigheid of aktiwiteite waar waagmoed en adrenalien belangrike bestandele is.

IF. Inferior Introvertiese Gevoel. Hulle gevoelswêreld is meestal nie sigbaar na buite nie. As dit wel na buite gekommunikeer word, is dit dikwels uiters passievol en selfs buite konteks of grens. Dit kan selfs melodramaties wees. Dit sal egter makliker na vore kom met bv. ‘n ferm handdruk of ‘n daad van opoffering of vrygewigheid wat gekamofleer is met die verskoning dat dit sonder enige persoonlike belang is.

ISFP

Introverted feeling (Artist / Composer / Crusader).

Occupations: Artist, Composer, Designer, Child Care, Psychologist

IF. Primêr Introverties Gevoel. Hulle neem besluite en vorm opinies deur hulle eie gevoel en ander mense se gevoel in ag te neem. Hulle het gewoonlik ‘n fyn waarnemingsvermoë en ‘n goeie oor. Hulle is dikwels musikaal of kunstig en sal dikwels ‘n instrument kan bemeester of ‘n kunstenaar van formaat wees. Hulle is sterk geöriënteer ten opsigte van klanke, kleur en sintuiglike prikkelinge en hoe dit hulle gevoelswêreld beïnvloed. Hoe hulle oor dinge voel en hulle eie waardestelsel het dikwels ‘n baie individualistiese kleur. Hulle is dikwels die “arty” tipe en hou van “avant gard” dinge en onkonvensionele smake. Hulle vind dit soms moeilik om in te val by die algemene norm en kan langdurige georganiseerde opleiding frustrerend vind. Hulle leer die beste deur middel van persoonlike ervaring.


ES. Sekondêr Ekstraverties Sensories. Die hier en die nou is belangrik. Hulle sal meer geneig wees om dinge te ervaar, proe, hoor as wat hulle diepsinnig sal reflekteer daaroor. Hulle kan hulle praktiese en kunssinige oriëntasie na buite uitleef as sekondêre funksie, ondergeskik aan hulle eie gevoelswêreld.


IN. Tersiêr Introverties Intuïtief. “Gut feel” speel dikwels ‘n onbewustelike rol. Intuïsie is egter nie ‘n vername kommunikasiemiddel nie, en sou hoogstens uiting vind in kwinkslae, woordspelings (bv. "spoonerisms") en gemengde metafore, ens.


ET. Inferior Ekstraverties Denkend. Dit kom slegs na vore as uitsluitsel nodig is vir ‘n moeilike situasie. Dit neem dan ‘n baie kriptiese en kategoriese vorm aan: alles of niks.

ESFP

Extraverted sensing (Performer).

Occupations: Performing artist, Child Care, Fashion Design, Interior Decorator

ES. Primêr Ekstraverties Sensories. Hierdie mense hou daarvan om op te tree voor mense (soos op ‘n verhoog) of om praktiese dinge vir of saam met mense te doen waarin hulle saam met hulle die lewe kan geniet – praktiese dinge wat mens kan proe, aanraak, sien of voel. Partytjies, vriende en sosiale byeenkomste is waarvoor hierdie mense lewe. Hulle is dol oor enige vorm van opwinding en “fun.” Hulle hou dikwels van nuwe dinge, nuwe modes of nuwe giere. Hulle filosofeer nie dikwels oor morele sake of teoretiese konsepte nie, tensy dit die groter saak kan bevorder.


IF. Sekondêr Introvertiese Gevoel. Besluite en opinies word gevorm hoofsaaklik op grond van mense se gevoelens en praktiese en sosiale oorwegings. Hulle gevoel speel ‘n belangrike rol, maar kom dikwels na vore in hulle dade en die praktiese dinge wat hulle doen eerder as dat hulle dit sal verbaliseer. Indien hulle hul gevoelens wel bekend maak sal dit dikwels kripties wees. Maar hulle gevoelens sal gewoonlik baie duidelik deur die mense waargeneem kan word en baie duidelik sigbaar wees vanuit hulle lyftaal.


ET. Tersiêr Ekstraverties Denkend. Dit kom meestal na vore as hulle waardes oorbrug word en dien as ‘n mate van beskerming indien mense hul wil misbruik. Teenoor naby mense wat teen hulle beginsels optree sal hulle dikwels kripties en beslis hulle misnoë uitspreek. Maar indien ingewikkelde besluite geneem moet word sal hulle dikwels die raad en leiding van ander nodig hê.


IN. Inferior Introverties Intuïtief. Dit kom baie selde na vore, want hierdie persone maak oor moeilike sake eers besluite na ‘n deeglike ondersoek van al die feite, op ‘n manier wat vir nie-ESFP’s as lukraak of onplanmatig kan voorkom. Aangesien hulle hoofsaaklik ingestel is op praktiese dinge of take, vind hulle dit dikwels moeilik of vervelig om te teoretiseer, te abstraeer en te filosofeer, want dit verg te veel energie en is nie genoeg “fun” nie.

ESTP

Extraverted sensing (Doer / Promoter).

Occupations: Sales Rep, Marketing, Computer Specialist, Computer Tech Support

ES. Primêr Ekstraverties Sensories. Hierdie mense hou van praktiese dinge doen en sal byna enige uitdaging op die ingewing van die oomblik aanpak. Hulle is dikwels vreesloos en hou van aksie, en hulle hou dikwels van dinge waaraan daar risiko’s verbonde is (bv. spoed, hoogtes, ens.). Hulle doen dit gewoonlik saam met ander mense en hulle is by uitstek ‘n “bok vir sports.” Hulle is natuurlike kompeteerders en is gewoonlik baie goed in dit waarin hulle kompeteer. Hulle sal geneig wees om die leef vir die “nou” en nie vir die toekoms nie. Hulle is dikwels uitstekende verkoopsmense. Hulle hou nie van nature van abstrakte, filosofiese of teoretiese denke nie.


IT. Sekondêr Introverties Denkend. Belsuite en oordele oor dinge word gemaak op grond van objektiewe denke. Hulle sal meestal hulle opinies vir hulleself hou en sal verkies om die sensoriese te laat oorheers. Hulle emosionele, verstandelike en fisiese “toughness” kan na hierdie rasionele, “detached” funksie herlei word.


EF. Tersiêr Ekstravertiese Gevoel. Dit kom selde na die oppervlak, en kom dan voor in ‘n baie eenvoudige, ongekompliseerde vorm. Ander mense kan hulle dikwels ervaar as mense met ‘n “klein hartjie.”

IN. Inferior Introverties Intuïtief. Dit kom baie selde na vore en kom hoogstens voor in die vorm van tydsberekening en geluk wat as onderliggende by hulle figureer in diens van hulle dominante Ekstravertiese Sensoriese voorkeur.

ISTP

Introverted thinking (Mechanic / Crafter).

Occupations: Computer Specialist, Engineer, Mechanic, Carpenter

IT. Primêr Introverties Denkend. Besluite word geneem en opinies word gevorm op grond van objektiewe, logiese en praktiese oorwegings. Hulle het dikwels sterk opinies oor dinge maar hou meestal daarvan om hulle opinies vir hulleself te hou. Die denkwêreld is meestal na binne gerig. Dit kan dus voorkom asof hierdie tipe mense as’t ware in ‘n klein wêreldtjie leef. Hulle vind dit dikwels moeilik om in ‘n groter groep te sosialiseer. Hulle vind dit makliker om op praktiese uitdagings as emosionele uitdagings te reageer, trouens, te veel emosie van mense kan hulle stres laat beleef.


ES. Sekondêr Ekstraverties Sensories. Hierdie mense hou hulleself dikwels besig met praktiese en meganiese take, en is dikwels by goed daarmee en put genot daaruit, hoewel hulle nie noodwendig ‘n logies georganiseerde metode volg om hulle take te verrig nie. Hulle het dikwels ‘n kategoriese, ongekompliseerde uitkyk op baie dinge.


IN. Tersiêr Introverties Intuïtief. Dit kom gewoonlik selde na vore, want hulle hou gewoonlik nie daarvan om te abstrak, teoreties of filosofies te dink nie. Die intuïtiewe komponent figureer dus meestal onbewustelik.

EF. Inferior Ekstravertiese Gevoel. Oor die algemeen sal hulle konflik vermy. Hulle sal eeder probeer om take of projekte so gou as moontlik klaar te maak om sodoende enige emosionele komponent wat verbonde is so 'n taak of projek te vermy. Onder uiterste stres of druk kan hierdie persoon egter emosioneel impulsief en onvoorspelbaar optree (“crack”) en dan hulle gevoelens baie duidelik wys.

ESFJ

Extraverted Feeling (Caregiver / Coach).

Occupations: Teacher, Administrator, Home Economics, Office Manager

EF. Primêr ‘n Ekstravertiese Gevoelspersoon wat hou van mense. Besluite word geneem en oordele word gemaak op grond van ander mense en die persoon se eie gevoelens. Die persoon hou daarvan om op ‘n praktiese manier mense te beïnvloed om meer effektiewe mense te wees. Hierdie persoon het sterk waardes wat hy/sy maklik (soms te maklik) aan mense romdom hom/haar kommunikeer. Hierdie persone kan soms in vaste emosionele patrone optree, en kan geneig wees tot emosionele manipulasie. Hierdie persone streef dikwels daarna om alle mense in ‘n organisasie gelukkig te hou en sal sterk gekant wees teen enige vorm van onreg. Hierdie persone mag ook geneig wees tot ‘n eksterne lokus van kontrole, m.a.w. mense se opinies is baie belangrik, en dit kan dikwels hulle eie gemoedstoestand bepaal. Hulle is meestal hoogs emosionele mense.

IS. Sekondêr Introverties Sensories. Hulle hou daarvan om as hulle alleen is met praktiese dinge besig te wees (kuns, inkopies, ens.). Detail is vir die persoon belangrik. Hy/sy hou dinkwels daarvan om praktiese dinge te doen vir mense. Indien die S sterk is, kan hierdie persone dikwels so ingestel wees op al die opsies van detail dat hulle baie vrae kan vra oor moeilike onderwerpe en moeilik tot ‘n besluit kan kom oor sake omdat mense se opinies in konflik kan kom met data wat self versamel is. As die J ook sterk is wil hierdie persone beheer hê oor hulle omgewing en kan baie frustrasie beleef indien hulle moeilike af abstrakte konsepte nie presies verstaan nie.

EN. Tersiêr Ekstraverties Intuïtief. By geleentheid kan hierdie persoon op grond van sy/haar “gut-feel “ uitsprake oor mense of sake lewer wat kategories van aard kan oorkom. Of dit kan uitmond in ‘n interessante sin vir humor.

IT. Inferior Introverties Denkend. Hierdie dimense kom by hoë uitsondering na vore, want hierdie persone sal hoofsaaklik geaffronteerd wees met apatiese persone. Maar onder uiterste druk of stres kan hierdie persoon denkend na binne keer. Dit kan dan tot sterk persepsies lei oor mense of situasies.

ISFJ

Introverted sensing (Nurterer / Protector).

Occupations: Nurse, Administrator, Bookkeeper, Couselor

IS. Primêr ‘n Introvertiese persoon wat in die basiese modus leef om na binne waar te neem met sy/haar 5 sintuie. Geneig tot konfensionele optrede of navolging van beproefde metodes, resepte en waardes “volgens die boek.” Detail is belangrik en dit is belangrik vir hierdie persoon om genoegsame detail te versamel aan die hand waarvan konklusies gemaak kan word. Hierdie detail word sistematies ge-organiseer in terme van koherente konsepte en logiese sisteme. Hierdie persoon is meer geneig om ingestel te wees op mense as op dinge. Hulle hou daarvan om te sien dat mense veilig en versorg is. Dit is vir hulle belangrik om nodig te wees by mense. Hulle is meestal baie betroubaar en word dikwels onderwaardeer vir hulle lojaliteit en diens teenoor mense. Hulle kan deur mense misbruik word en is dikwels ook oorwerk. Hulle persoonlike familie speel ‘n belangrike rol in hulle lewe.


EF. Sekondêr Ekstravertiese Gevoelsmens. Iemand wat praktiese dinge doen vir mense en met mense kan praat oor sy/haar gevoelens. Ander mense se gevoelens word sterk in ag geneem met die neem van besluite eerder as objektiewe reëls. Hulle eie gevoelens en ander se gevoelens speel dus ‘n belangrike rol in hulle optrede.


IT. Tersiêr Introverties Denkend. Die persoon kan by geleentheid baie by hom-/haarself nadink oor baie dinge in die lewe of selfs apaties voorkom.

EN. Inferior Ekstraverties Intuïtief. Onder uiterste druk of stres kan hierdie persoon ondeurdagte, kategoriese uitsprake maak.

ESTJ

Extraverted Sensing (Supervisor / Guardian).
Occupations: Business Administrator, Financial Officer, Military Officer

ET. Primêr ‘n Ekstravertiese Denker. Hierdie persoon leef in die basiese modus om sy/haar oordele en denke teenoor mense uit te spreek. Konklusies is rasioneel en objektief en eerder verbind aan geïnternaliseerde waardes as mense se gevoelens. Hulle is geneig tot konfensionele optrede of navolging van beproefde metodes, resepte en waardes "wat werk" (volgens die boek). Detail is belangrik en dit is belangrik vir hierdie persoon om genoegsame detail te versamel aan die hand waarvan konklusies gemaak kan word. Hierdie detail word sistematies ge-organiseer in terme van koherente konsepte en logiese sisteme. Hierdie persoon is gewoonlik iemand wat van nature leiding neem en optree volgens sy/haar sterk oortuigings en waardes. Mense kan dit soms as 'n bedreiging beskou. Hulle kan meestal hulle eie gevoelens onder beheer hou. Mense kan hulle soms as wetties en onbuigsaam beleef.

IS. Sekondêr iemand wat deur middel van die 5 sintuie na binne waarneem en internaliseer.

EN. Tersiêr Ekstraverties Intuïtief. By geleentheid kan hierdie persoon op grond van sy/haar "gut-feel" uitsprake oor mense of sake lewer wat kategories van aard kan oorkom. Of dit kan uitmond in ‘n interessante sin vir humor.

IF. Inferior Introvertiese Gevoel. Hierdie persoon wys nie maklik gevoelens nie, maar sal dit soms teenoor naby mense verbaliseer. Hulle kan onder uiterste druk of stres na binne keer en geneig wees tot melancholie en selfs depressie (“sulk”).

ISTJ

Introverted Sensing (Monitor / Inspector / Duty fulfiller).
Occupations: Accountant, Analyst, Administrator, Managing
IS. Primêr ‘n Introverties Sensoriese persoon wat in die basiese modus leef om na binne waar te neem. Hulle leef in 'n wêreld waarin baie data en detail geïnternaliseer word deur middel van die 5 fisiese sintuie. Hulle is geneig tot konfensionele optrede of navolging van beproefde metodes, resepte en waardes “volgens die boek.” Detail is belangrik en dit is belangrik vir hierdie persoon om genoegsame detail te versamel aan die hand waarvan konklusies gemaak kan word. Hierdie detail word sistematies ge-organiseer in terme van koherente konsepte en logiese sisteme. Omdat ISTJ's ingestel is op die waarnemeing van die werklikheid, sal hulle dikwels goeie imiteerders van mense of klanke kan wees. Hulle is daarom dikwels musikaal of kunstig. Hierdie persoon is gewoonlik op die agtergrond tussen vreemde mense, maar kan nadat hy/sy lank genoeg die kat uit die boom gekyk het ‘n ankerpersoon wees waarop mense kan staat maak om tydsame en moeitevolle (“painstaking”) take te verrig.

ET. Sekondêr Ekstraverties Denkend. Besluite word geneem en oordele word gemaak op grond van objektiewe reëls, feite en logika. Wanneer die persoon die geleentheid gegun word, of as hy/sy 'n spreekbeurt kry, kom die denke wat na buite gerig is, na vore. Dit verg egter meer energie as by die ETJ tipes. Die persoon sal verkies om te sê hoe hy/sy voel in ‘n intieme vriende- of familiekring, of op papier.

IF. Tersiêr introvertiese gevoel. Loop nie met gevoelens op sy/haar mou nie, en sal gevoelens dikwels berekend en amper klinies oordra hoofsaaklik aan naby persone. Gewoonlik kan hierdie persoon sy/haar gevoelens onder beheer hou.
EN. Inferior Ekstraverties Intuïtief. Onder uiterste druk of stres kan hierdie persoon sterk ondeurdagte, kategoriese uitsprake maak.