2009/05/11

ENFP

Extraverted intuition (Inspirer / Explorer).

Occupations: Consultant, Psychologist, Entrepeneur, Teacher, Television Reporter, Engineer

EN. Primêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle is beide mense-mense en idee-mense. Hulle wil beide mense help (en inspireer) en deur mense erken en bewonder word. Hulle is in beginsel geïnteresseerd in nuwe idees. Hulle hou van mense en genot saam met mense en kan hulleself (dikwels onbewustelik) die middelpunt van belangstelling tussen ‘n groep mense maak. Hulle sterk EN funksie kan maak dat hulle te haastig tot groot gevolgtrekkings kom. Hulle het sterk oortuigings in ooreenkoms met hulle dikwels onkonvensionele, kosmiese lewensuitkyk. Hulle hou daarvan om sagkuns mense te oortuig van hulle sienings en verstaan van die wêreld. Hulle is uitstekende idee-vormers en ‘n sterk bate by ‘n dunkskrum. Hulle sal egter verkies om nie self hulle idees uit te voer nie en verwag dikwels van ander om nie net saam entoesiasties te wees nie, maar ook om te “hardloop” met sy idees. Dit kan soms lei tot verkeerde verwagtinge van ander. In ‘n krisis-situasie kan die inklinasie om ander te inspireer ook na die negatiewe kant toe figureer. Hulle kan melodramaties raak en oorreageer, maar ter selftertyd van ander verwag om ook ook so sterk daaroor te reageer. As hulle dit nie doen nie, kan die ENFP sommer iets sê soos: “Jy voel ook niks vir dit of vir dat nie.” Om klaar te maak waarmee hulle begin het, kan soms ‘n probleem wees omdat hulle gou verveeld of kriewelrig kan raak met take, veral as die take van herhalende of administratiewe aard is. Hulle sal eerder met iets nuuts wil begin of ‘n manier uitwerk om take vinniger en makliker te doen. Dit kan selfs daartoe lei dat hulle langer vat om monotone take uit te voer omdat hulle heeltyd besig was om ‘n korter metode uit te werk. Hulle hou hulleself ook dikwels besig met gelyktydige take. Die EN-funksie gee ook aanleiding daartoe dat hulle hou van nuwe uitvindsels of nuwe plekke. ENFP's hou nie baie daarvan om beheer te word nie, maar wil self ook nie ander beheer nie.


IF. Sekondêr Introverties Gevoel. Gevoel speel ‘n belangrike rol en is baie sigbaar by ‘n ENFP. Maar eerder as dat hulle sal praat oor hoe hulle voel, sal hulle dit baie sterk wys aan ander en deur middel van lyftaal of deur oorreaksie te kenne gee. Hulle steek nie maklik hulle gevoel weg nie. Wanneer hulle wel praat oor hulle gevoel, is dit dikwels met geweldige passie, romanse en suiwerheid wat amper uit plek is in ‘n onvolmaakte wêreld.


ET. Tersiêr Ekstraverties Denkend. Dit kom na vore wanneer die ENFP tot objektiewe, nie-persoonlike konklusies kom. Dit figureer egter nie as ‘n prominente funksie nie, en is ondergeskik aan die meer promimente EN en IF funksies.


IS. Inferior Introverties Sensories. Dit kom baie selde na vore. In uiters stresvolle situasies kan dit gebeur dat hulle hulleself besig hou met eindelose detail. Maar dit kom waarskynlik die sterkste na vore in die feit dat hulle hulle vriende se opinie as baie belangrik ag.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.