2009/05/11

ISFP

Introverted feeling (Artist / Composer / Crusader).

Occupations: Artist, Composer, Designer, Child Care, Psychologist

IF. Primêr Introverties Gevoel. Hulle neem besluite en vorm opinies deur hulle eie gevoel en ander mense se gevoel in ag te neem. Hulle het gewoonlik ‘n fyn waarnemingsvermoë en ‘n goeie oor. Hulle is dikwels musikaal of kunstig en sal dikwels ‘n instrument kan bemeester of ‘n kunstenaar van formaat wees. Hulle is sterk geöriënteer ten opsigte van klanke, kleur en sintuiglike prikkelinge en hoe dit hulle gevoelswêreld beïnvloed. Hoe hulle oor dinge voel en hulle eie waardestelsel het dikwels ‘n baie individualistiese kleur. Hulle is dikwels die “arty” tipe en hou van “avant gard” dinge en onkonvensionele smake. Hulle vind dit soms moeilik om in te val by die algemene norm en kan langdurige georganiseerde opleiding frustrerend vind. Hulle leer die beste deur middel van persoonlike ervaring.


ES. Sekondêr Ekstraverties Sensories. Die hier en die nou is belangrik. Hulle sal meer geneig wees om dinge te ervaar, proe, hoor as wat hulle diepsinnig sal reflekteer daaroor. Hulle kan hulle praktiese en kunssinige oriëntasie na buite uitleef as sekondêre funksie, ondergeskik aan hulle eie gevoelswêreld.


IN. Tersiêr Introverties Intuïtief. “Gut feel” speel dikwels ‘n onbewustelike rol. Intuïsie is egter nie ‘n vername kommunikasiemiddel nie, en sou hoogstens uiting vind in kwinkslae, woordspelings (bv. "spoonerisms") en gemengde metafore, ens.


ET. Inferior Ekstraverties Denkend. Dit kom slegs na vore as uitsluitsel nodig is vir ‘n moeilike situasie. Dit neem dan ‘n baie kriptiese en kategoriese vorm aan: alles of niks.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.