2009/05/11

ESFP

Extraverted sensing (Performer).

Occupations: Performing artist, Child Care, Fashion Design, Interior Decorator

ES. Primêr Ekstraverties Sensories. Hierdie mense hou daarvan om op te tree voor mense (soos op ‘n verhoog) of om praktiese dinge vir of saam met mense te doen waarin hulle saam met hulle die lewe kan geniet – praktiese dinge wat mens kan proe, aanraak, sien of voel. Partytjies, vriende en sosiale byeenkomste is waarvoor hierdie mense lewe. Hulle is dol oor enige vorm van opwinding en “fun.” Hulle hou dikwels van nuwe dinge, nuwe modes of nuwe giere. Hulle filosofeer nie dikwels oor morele sake of teoretiese konsepte nie, tensy dit die groter saak kan bevorder.


IF. Sekondêr Introvertiese Gevoel. Besluite en opinies word gevorm hoofsaaklik op grond van mense se gevoelens en praktiese en sosiale oorwegings. Hulle gevoel speel ‘n belangrike rol, maar kom dikwels na vore in hulle dade en die praktiese dinge wat hulle doen eerder as dat hulle dit sal verbaliseer. Indien hulle hul gevoelens wel bekend maak sal dit dikwels kripties wees. Maar hulle gevoelens sal gewoonlik baie duidelik deur die mense waargeneem kan word en baie duidelik sigbaar wees vanuit hulle lyftaal.


ET. Tersiêr Ekstraverties Denkend. Dit kom meestal na vore as hulle waardes oorbrug word en dien as ‘n mate van beskerming indien mense hul wil misbruik. Teenoor naby mense wat teen hulle beginsels optree sal hulle dikwels kripties en beslis hulle misnoë uitspreek. Maar indien ingewikkelde besluite geneem moet word sal hulle dikwels die raad en leiding van ander nodig hê.


IN. Inferior Introverties Intuïtief. Dit kom baie selde na vore, want hierdie persone maak oor moeilike sake eers besluite na ‘n deeglike ondersoek van al die feite, op ‘n manier wat vir nie-ESFP’s as lukraak of onplanmatig kan voorkom. Aangesien hulle hoofsaaklik ingestel is op praktiese dinge of take, vind hulle dit dikwels moeilik of vervelig om te teoretiseer, te abstraeer en te filosofeer, want dit verg te veel energie en is nie genoeg “fun” nie.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.