2009/05/11

INFP

Introverted feeling (Idealist / Crusader / Healer).

Occupations: Writer, Councelor, Teacher, Psycologist, Religious Worker
IF. Primêr Introverties Gevoel. Hulle is mense wat nooit hulle sin vir verwondering verloor nie. Hulle sal altyd die positiewe in iets raaksien. Hulle kan liefde openbaar vir die slegste mense. Hulle sal ook dikwels aan mense die “voordeel van die twyfel” gee. Hulle is oor die algemeen goeie luisteraars, neem mense se gevoel in ag en laat mense op hulle gemak voel. In konfliksituasies is hoe mense voel en hoe hulleself voel belangriker as die “reg” of “verkeerd.” Hulle kan soms baie idealisties wees in hulle begeerte “om die wêreld ’n beter plek te maak.” Hulle sal maklik goeie dade kan doen vir mense of iets doen om ‘n goeie saak te bevorder en kan self baie satisfaksie daaruit put. Hulle kan ‘n sterk verbeelding hê, en INFP-kinders mag dikwels verbeeldingsmaatjies hê. Hulle het geweldige diepte van gevoel. Hulle het dikwels baie hoë etiese waardes wat selfs te hoog is vir hulleself en kan daarom baie hard wees op hulleself. Hulle beskik dikwels oor die vermoë om komplekse of tegniese “jargon” om te sit in gewone of maklike terme. Die P-Funksie maak dat hulle die “groter saak” (greater cause) so belangrik kan ag dat die gewone detail en rompslomp van die lewe soms by hulle verby kan gaan. Die P maak ook dat hulle baie buigsame en “laid-back” mense is totat een van hulle sterk waardes in gedrang kom. Dan kan hulle passievolle vegters word vir dit waaroor hulle sterk voel.

EN. Sekondêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle is baie intuïtief met mense. Hulle is permanent opsoek na die waarheid en dieper betekenis van die lewe en kyk hoe hulle dit op hulle eie lewe kan toepas om beter mense te wees. Die EN in kombinasie met die IF kan maak dat hulle uitstekende taal-vaardighede het en goeie skrywers kan wees. Die N kan maak dat hulle hou van nuwe apparate en speelgoed (gadgets).

IS. Tersiêr Introverties Sensories. Dit is baie verborge en kom selde na vore. Dit kom waarskynlik die beste na vore in “absent mindedness” of soms wêreld-vreemdheid (“other-worldliness”).

ET. Inferior Ekstraverties Denkend. Dit kom na vore as die INFP ‘n afhandeling (closure) in sy/haar eie gemoed wil kry. Hy/sy kan homself/haarself selfs vermom in sy/haar ESTJ-baadjie. Maar dit neem baie energie op. Die problematiese aard hiervan is die gebrek aan proporsie en konteks van die ET-funksie. Enkele onpersoonlike feite mag dalk ‘n buite-proporsionele prioriteit geniet.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.