2009/05/11

INFJ

Introverted intuition (Intuitive appreciater / Counselor).

Occupation: Teacher, Psycologist, Counselor, Photographer, Writer, Religious Worker

IN. Primêr Introverties Intuïtief. Hulle is sagte, liefdevolle, komplekse en hoogs intuïtiewe individue. Hulle is dikwels kunstig en kreatief. Hulle leef in ‘n wêreld van verborge betekenis en moontlikhede. Hulle weet dinge intuïtief, sonder om noodwendig te weet hoekom – en hulle is gewoonlik reg – hulle sal nie sommar aan die neus gelei word nie. Hulle is natuurlike versorgers, beskermers en begeleiers van mense en hulle gevoelens. Die J (judging) aspek van hierdie persoonlikheidstipe kom dikwels nie sterk na vore nie, en word dikwels oorskadu deur die gevloelens van ander (Sekondêre EF-funksie). Die J is waarskynlik die beste sigbaar omdat hierdie persone nie maklik is om te lei nie, maar ook omdat hulle baie perfeksionisties t.o.v. hulleself kan wees en kan voel daar is baie ruimte vir verbetering.


EF. Sekondêr Ekstraverties Gevoel. Dit dui daarop dat die INFJ dinge hanteer op grond van hoe hulle daaroor voel, of die mate waarin dit ooreenstem met hulle waardes. Hulle voel dikwels sterk oor dinge, maar sal dit eerder met naby mense deel, of daaroor skryf. Hulle is dikwels uitstekende skrywers.


IT. Tersiêr Introverties Denkend. Denke is na binne en op die subjek gefokus. As hierdie funksie na vore kom, kan hulle soms afsydig voorkom of selfs voorkom of hulle kontak met die werklikheid verloor. Maar dit is eerder ‘n teken dat hulle dan prioriteit gee aan die denkende funksie.

ES. Inferior Ekstraverties Sensories. Dit kom soms na vore omdat hulle dikwels spontaan en ekstraverties wil wees en selfs by tye die rol van ‘n ESFP kan aanneem.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.