2009/05/11

ENTJ

Extraverted thinking (Executive / Field Marshal).

Occupations: Executive Officer, Orginisation Builder, Computer Consultant, Business Administrator

ET. Primêr Ekstravertiese mense wat hulle denkwêreld na buite projekteer. Hulle is natuurlike leiers wat maklik mense kan organiseer en beheer. Hulle is meesters om op hulle voete te dink en kan op die ingewing van die oomblik planne en strategieë uitwerk en dit aan mense deurgee. Hulle energie wat hulle as denkers genereer kan indrukwekkend en selfs oorweldigend wees. Hulle vind dit ook maklik om rolle en take aan mense te deligeer. Hulle ideale en voorstelle is dikwels “larger than life” en dit is nie ongewoon dat hulle dikwels kan oordryf nie. Hulle kan maklik probleem-areas identifiseer en weet hoe om op te tree. Hulle vermoë om “detached” hulle eie emosie onder beheer te hou, maak hulle formidabele argumenteerders wat nie maklik die stryd sal gewonne gee nie. Indien hulle meegevoel met mense sal betuig, sal dit dikwels kripties en verbaal wees, sonder enige “stroperigheid.” Hulle sieninge is gewoonlik helder en ongekompliseerd. Indien die N en J beide sterk is, kan ‘n te oop, onnet of onvoorspelbare omgewing so ‘n persoon geweldig frustreer, en sal die ENTJ gewoonlik alles in sy/haar vermoë doen om “dinge onder beheer” te kry of om “loose ends” of onnodige detail te minimaliseer. Soveel so dat ander mense hulle soms beherend (contolling) kan ervaar, veral waar die ENTJ se manier van doen in botsing kom met ander SJ persone se manier van doen, of waar persone ‘n sterk voorkeur het vir buigsaamheid en “openendedness” (bv. EP persone).

IN. Sekondêr Introverties Intuïtief. Hierdie komponent figureer onderliggend baie sterk. Dit maak dat hulle vinnige besluite kan neem, maar ook dat hulle meer ingestel is op die “bottomline” en die groter prentjie as die detail. Soms kan hulle te vinnig besluit en nie al die feite in ag neem nie of selfs vinnige kategoriese uitsprake maak. Hulle omgewing sal dikwels so ongekompliseerd as moontlik wees. Bv. die minimum “icon’s” op die rekenaar, die minimum klere wat ingepak word vir reis, en hulle sal maklik dinge kan weggooi. Dikwels het hierdie minimalistiese trek ‘n baie individuele karakter. Bv. die “icon’s” se rangskikking op die rekenaar is “nie standaard nie,” dis nog beter en nog meer “user-friendly” as die standaard.

ES. Tersiêr Ekstraverties Sensories. Indien die dominante N en T tot bedaring kom, sal hierdie komponent na vore kom waar hulle die hier en die nou kan ervaar. Dit vind dikwels uitdrukking in avontuurlustigheid of aktiwiteite waar waagmoed en adrenalien belangrike bestandele is.

IF. Inferior Introvertiese Gevoel. Hulle gevoelswêreld is meestal nie sigbaar na buite nie. As dit wel na buite gekommunikeer word, is dit dikwels uiters passievol en selfs buite konteks of grens. Dit kan selfs melodramaties wees. Dit sal egter makliker na vore kom met bv. ‘n ferm handdruk of ‘n daad van opoffering of vrygewigheid wat gekamofleer is met die verskoning dat dit sonder enige persoonlike belang is.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.