2009/05/11

INTP

Introverted thinking (Thinker, Architect).

Occupations: Computer Programmer, Architect, Physics, Chemist, Strategic planner, Professor, Mathematician

IT. Primêr Introverties Denkend. Hulle leef in ‘n wêreld van teoretiese moontlikhede. Hulle sien alles in terme van hoe dinge verbeter kan word of waarin dit omskep kan word. Hulle leef hoofsaaklik in hulle eie denke en het die vermoë om sin te maak van ingewikkelde probleme of tendense. Hulle kan sulke sterk individualistiese denkers wees dat hulle bietjie in hulle eie wêreldjie kan leef. Teoretisering hoef nie altyd tot praktiese uitvoerbaarheid te lei nie, maar kan “oop” bly. Die “verstrooide professor” is ‘n klassieke voorbeeld. Hulle kan teoretiese probleme op ‘n uiters innoverende manier oplos op hulle eie manier (individualisties), sonder om die gebaande weë te gebruik om daarby uit te kom. Hulle kan objektief krities wees in hulle analises.


EN. Sekondêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle kan goed “brainstorm.” Dit is in ooreenstemming met sy innerlike denkwêreld. Hulle kan ook hou van speletjies, bv. skaak, woordspeletjies, speletjies met nommers, ens.


IS. Tersiêr Introverties Sensories. Hulle kan feite bymekaarmaak op dieselfde manier as ISTJ’s. Dit dien egter die intuïsie. Bewustheid van hulle omgewing is nie ‘n sterkpunt nie en kan slegs by hoë uitsondering na vore kom.

EF. Inferior Ekstraverte Gevoel. Gevoel neig daarna om alles of niks te wees. As gevoel vir ander teenwoordig is, kan dit intens maar naïef wees. Hulle kan besluite oor interpersoonlike sake in die lug laat en dit uitstel solank iemand nie aanstoot neem of beseer word nie.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.