2009/05/11

ISTJ

Introverted Sensing (Monitor / Inspector / Duty fulfiller).
Occupations: Accountant, Analyst, Administrator, Managing
IS. Primêr ‘n Introverties Sensoriese persoon wat in die basiese modus leef om na binne waar te neem. Hulle leef in 'n wêreld waarin baie data en detail geïnternaliseer word deur middel van die 5 fisiese sintuie. Hulle is geneig tot konfensionele optrede of navolging van beproefde metodes, resepte en waardes “volgens die boek.” Detail is belangrik en dit is belangrik vir hierdie persoon om genoegsame detail te versamel aan die hand waarvan konklusies gemaak kan word. Hierdie detail word sistematies ge-organiseer in terme van koherente konsepte en logiese sisteme. Omdat ISTJ's ingestel is op die waarnemeing van die werklikheid, sal hulle dikwels goeie imiteerders van mense of klanke kan wees. Hulle is daarom dikwels musikaal of kunstig. Hierdie persoon is gewoonlik op die agtergrond tussen vreemde mense, maar kan nadat hy/sy lank genoeg die kat uit die boom gekyk het ‘n ankerpersoon wees waarop mense kan staat maak om tydsame en moeitevolle (“painstaking”) take te verrig.

ET. Sekondêr Ekstraverties Denkend. Besluite word geneem en oordele word gemaak op grond van objektiewe reëls, feite en logika. Wanneer die persoon die geleentheid gegun word, of as hy/sy 'n spreekbeurt kry, kom die denke wat na buite gerig is, na vore. Dit verg egter meer energie as by die ETJ tipes. Die persoon sal verkies om te sê hoe hy/sy voel in ‘n intieme vriende- of familiekring, of op papier.

IF. Tersiêr introvertiese gevoel. Loop nie met gevoelens op sy/haar mou nie, en sal gevoelens dikwels berekend en amper klinies oordra hoofsaaklik aan naby persone. Gewoonlik kan hierdie persoon sy/haar gevoelens onder beheer hou.
EN. Inferior Ekstraverties Intuïtief. Onder uiterste druk of stres kan hierdie persoon sterk ondeurdagte, kategoriese uitsprake maak.

No comments:

Post a Comment

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.