Showing posts with label personality. Show all posts
Showing posts with label personality. Show all posts

2009/05/11

Toets jou persoonlikheid

Om te weet watter van die 16 persoonlikheidstipes jy het, en hoe jy jou eie of iemand anders se persoonlikheidstipe moet verstaan, doen een van die volgende toetse (A en / of B) en lees dan op oor jou persoonlikheid (klik onderaan hierdie plasing):


A: Basiese persoonlikheidstoets
(ongeveer 60% tot 70% akkuraat).

Toets jouself op die 4 asse. As daar sekere asse is waar dit moeilik is om te kies, probeer om die beskrywing te kies wat jou die beste pas:


As 1: E of I

Kry jy energie daardeur om tussen mense te wees? - E - Ekstraverties

OF

Kry jy energie deur besig te wees met jou eie dinge en te reflekteer? - I - Intraverties


As 2: S of N

Is jy meer geneig om informasie te vertrou wat konkreteet, prakties, meetbaar en in die hede is, en is jy geneig om alle moontlike data te versamel voordat jy 'n besluit neem? - S - Sensories (Sensing)


OF

Is jy meer geneig om informasie te vertrou wat vir jou teorieties sin maak, abstrak is, en moontlikhede vir die toekoms inhou, en is jy geneig om maklik die "bottomline" raak te sien en maklik 'n besluit oor iets te neem? - N - Intuïtief


As 3: F of T

Is jy meer geneig om besluite te neem op grond van logiese, praktiese oorwegings op 'n konsekwente en regte manier? - T - Denkend (Thinking)

OF

Is jy meer geneig om besluite te neem deurdat jy die gevoelens van mense in ag neem en die konsekwensies van jou besluit vir mense, en streef jy in jou besluite na harmonie of konsensus tussen mense? - F - Gevoel (Feeling)

As 4: P of J

Is jy meer geneig om jou besluite, oortuigings en waardes aan die wêreld te wys, en voel jy meer gemaklik in 'n omgewing waarin jy beheer kan neem oor dinge in jou omgewing en gereeld uitsluitsel (closure) kan kry oor die maksimum hoeveelheid dinge? - J - Oordelend (Judging)

OF

Is jy meer geneig om jou informasie of persepsie van dinge aan die wêreld te wys, en voel jy meer gemaklik in 'n oop omgewing wat buigbaar is en jy besig kan wees met 'n klomp gelyktydige dinge en hulle nou en dan kan uitstel? - P - Persepsie-gedrewe (Perceiving)



B: Excel persoonlikheidstoets


Jy het Excel of 'n Excel viewer daarvoor nodig. Doen al 5 die afdelings. Lees die instruksies in die onderskeie afdelings en die vrae noukeurig. Beantwoord al die afdelings en al die vrae.

Laai af en epos dit na sales@plonk.co.za met 'n betaling van R50 in FNB (Rek naam: TRU Developing. Rek no: 62161914281. Takkode: 200610). Gebruik jou naam en van as verwysing op jou inbetaling, asook in jou epos. "Professor Persoonlikheid" sal die resultate aan jou terug epos sodra die geld in die rekening ontvang is.


Lees op oor jou persoonlikheid


Begin by hierdie artikel (blog net hieronder). Dit gee 'n algemene oorsig oor die 4 asse. Dit sal jou ook help om te kies watter kant toe jy oorhel op elk van die 4 asse.

Kyk dan watter Persoonlikheidstipe die beste by jou pas. Klik op die tipe wat jou persoonlikheid die beste beskryf en lees daaroor. Dit help jou om jouself en die mense rondom jou beter te verstaan:

(Kommentaar, vrae of opmerkings is welkom)

Die 16 persoonlikheidstipes

Die 16 persoonlikheidstipes wentel rondom 4 hoof-indikators:

E-I as. “E” staan vir “Ekstraverties” en “I” staan vir “Introverties.” Let wel, “ekstraverties” met ‘n “a”. Dit is nie presies dieselfde as “ekstroverties” nie. “Ekstraverties” dui op die invloed van die eksterne wêreld op jou, wat meestal te doen het met aksie, dinge, mense en omstandighede. “Introverties” dui op die invloed van jou interne wêreld op jou, wat te doen het met jou eie idees en refleksies. In kort, "E" dui op 'n basiese direksie na buite en "I" dui op 'n basiese direksie na binne. Ekstravertiese persone kry energie om tussen mense te wees en introvertiese mense kry energie om tye alleen te wees en te reflekteer. Introvertiese persone kan ook uitstekende sosiale vaardighede hê, maar dit tap hulle. Ekstravertiese persone is ook nie noodwendig partytjie-vrate nie, maar word gedryf deur hulle eksterne wêreld. Introvertiese mense is nie noodwendig skaam en teruggetrokke nie, maar word gedryf deur hulle interne wêreld.

S-N as. “S” staan vir “Sensories” (Sensing) en “N“ staan vir “Intuïsie.” Dit het te doen met die manier waarop informasie bekom word – Persepsie-funksies (Perceiving functions) – “P” funksies. Dit beskryf hoe informasie verstaan en geïnterpreteer word. “S” persone verkies om informasie te vertrou wat konkreet, prakties, tasbaar en in die hede is, wat deur middel van die 5 sintue waargeneem kan word. Hulle verkies om na die objektiewe feite en data te kyk. “N” persone sal meer geneig wees om informasie te vertrou wat abstrak en teoreties is. Hulle sal geneig wees om ‘n wyer konsep te soek en meer geïnteresseerd wees in toekomstige moontlikhede. Hulle benadering tot probleemoplossing sal meer intuïtief en innoverend van aard wees en die “S” persoon sal meer sistematies en volgens die boek werk. Vir "S" persone is die betekenis van iets in die data self opgesluit, terwyl vir die "N" persoon is die betekenis in die manier hoe die data ooreenstem met die patroon of teorie. “N” persone sal makliker tot ‘n slotsom oor iets kom en “S” persone sal meer huiwerig wees om te vinnig tot ‘n konklusie oor iets te kom omdat hulle eers al die feite en data wil bekom voordat hulle ‘n besluit sal neem. “N” persone kan daarom meer definitiewe en kategoriese standpunte inneem (reg of weg / alles of niks / swart of wit) terwyl “S” persone ‘n meer tentatiewe, voorlopige, gebalanseerde standpunt oor iets kan inneem. “N” persone kan daarom baie gou (soms te gou) besluite neem en “S” persone neem langer om besluite te neem (soms te lank).

F-T as. “F” staan vir “Gevoel” (Feeling) en “T” staan vir “Denkend” (Thinking). Dit het te make met wat jou besluite laat neem – Oordelende funksies (Judging functions). – “J” funksies. “F” persone is meer geneig om besluite te neem op grond van dit wat mense voel, empatie met omstandighede, harmonie en konsensus tussen mense. In die proses speel mense se behoeftes ‘n belangrike rol. “T” persone neem besluite op ‘n meer objektiewe, rasionele, logiese konsekwente manier. “F” persone is meer gevoelsmatige mense en hulle kan nie hulle gevoel so maklik wegsteek nie. “T” persone kan hulle gevoel makliker wegsteek en kan meer “detached” wees van mense en persoonlike omstandighede. “F” persone is egter nie minder denkend nie, maar neem besluite meer op grond van mense se gevoelens. “T” persone is ook nie noodwendig onvaardig om hulle gevoel uit te druk nie, maar neem besluite meer op grond van logiese reëls.

P-J as. “P” (Perceiving) staan vir die twee “Persepsie-funksies” (S en N) en “J” (Judging) staan vir die twee “Oordelende funksies” (F en T). Hierdie indikator dui aan watter funksie, P (S of N) of J (F of T) aan die wêreld gewys word. Dit is jou “ambassadeur” na buite – dit is jou basiese modus waarmee jy met die wêreld daarbuite te werk gaan. "P" dui oor die algemeen daarop dat jy jou oordeel oor dinge uitstel of oop hou (daar is dus 'n mate van verband met "oopkop" wees en buigsaamheid), terwyl "J" daarop dui dat jy tot meer definitiewe konklusies en waarde-oordele kom (daar is dus 'n mate van verband met beginselvastheid en rigiditeit). Die "P" persoon is meer informatief en die "J" persoon is meer direktief. Daar is ook 'n mate van van korrelasie met die sg. linker of regterbrein dominansie. “P” persone is oor die algemeen meer regterbrein ge-oriënteerd en “J” persone is oor die algemeen meer linkerbrein ge-oriënteerd. Omdat “P” persone hulle S-N funksie aan die wêreld toon, sal SP persone oor die algemeen voorkom as meer prakties en NP persone as meer abstrak en teoreties. Omdat die “J” tipes hulle F-T funksie aan die wêreld toon, sal die TJ tipes oorkom as logies en rasioneel, terwyl die FJ tipes oorkom as empaties. Vir “E” -tipes is die “amabassadeur” (J-P voorkeur) die dominante funksie, terwyl by die “I” -tipes is dit net mooi omgekeerd - die “ambassadeur” (J-P voorkeur) is die sekondêre funksie. Met ander woorde, by ‘n IJ persoon is die “P” -funksies dominant (IS of IN) en by ‘n IP persoon is die “J” -funksies dominant (IF of IT). Omdat "J" persone se oordeel oor dinge of mense sterker na vore sal tree, sal EJ persone meer oorkom as mense wat ander sal beheer op grond van hulle oordeel, en IJ persone as mense met wat 'n vaste opinie het oor mense of dinge maar nie mense daardeur wil beheer nie, tensy dit van hulle verwag word. Omdat "P" persone se perspsie van dinge sterker na vore sal tree, sal EP persone se persepsie van dinge (hetsy gefokus op teoretiese dinge: N of praktiese dinge: S) duidelik aan mense bekend wees, terwyl IP persone se persepsie van dinge (hetsy gefokus op teoretiese dinge: N of praktiese dinge: S) ook waargeneem kan word, maar 'n sekondêre rol speel, ondergeskik aan hulle Introverte oordelende funksie (gevoelens van mense: IF of logiese, rasionele denke: IT). J persone oor die algemeen sal meer tuis voel in 'n geordende, beheersde omgewing, terwyl P persone oor die algemeen meer tuis sal voel in 'n oop, buigbare omgewing. Vir SJ persone sal dit langer neem en meer krag vra om 'n groot verandering te maak en vir NP persone sal vinniger en makliker wees om 'n groot verandering te maak. J persone (veral EJ Persone) sal geneig wees om hulle besluite sterker op mense af te dwing, terwyl P persone hulle besluite nie so sterk op mense sal wil afdwing nie. J persone sal meer geneig wees om konsensieus te wees en P persone sal geneig wees om meer buigsaam te wees.