2009/05/11

ENTP

Extraverted intuition (Visionary / Entrepreneur / Inventor).

Occupations: Consultant, Sales Representative, Psychologist

EN. Primêr Ekstraverties Intuïtief. Hulle primêre lewensingesteldheid is om hulle leefwêreld te verstaan. Hulle is visionêre en innoverende persone, en het gewoonlik ‘n baie dieper verstaan van hulle leefwêreld as meeste ander persoonlikheidstipes (behalwe die ENFP). Hulle hou daarvan om idees en beelde oor situasies te absorbeer. Hulle is gewoonlik vinnig om ‘n situasie op te som en vinnig ‘n oplossing vir ‘n situasie te kan uitdink. Hulle kan gou hulle besigheidstrategie verander, verbeter of eksperimenteer. Hulle is gewoonlik goed in dinge wat hulle interesseer. Hulle hou van nuwe idees en om ander mense daaroor opgewonde te maak. Moet net nie vir hulle vra om die idee uit te voer nie. Hulle sal eerder geneig wees om te verwag dat iemand anders opgewonde sal raak oor hulle idees en dit sal uitvoer eerder as om dit self alles uit te voer. Hulle kan soms dinge begin en dit nie klaarmaak nie.

IT. Sekondêr Introverties denkend. Hoewel hulle meer ingestel is om informasie te absorbeer as om besluite te neem, is hulle konklusies oor idees gewoonlik logies en rasioneel. Hulle kan ook goed kommunikeer en hou meer daarvan om oor hulle idees te praat as om daaroor te skryf. Hulle hou van debattering. Hierdie aspek kan bv. van hulle goeie prokureurs maak wat o.g.v. “loopholes” in die wet hulle kliente gou sal kan los kry.

EF. Tersiêr Ekstraverties Gevoel. Dit sal hoogstens uitdrukking vind in goeie wil met verkope, diens, drama, humor, kuns of lojaliteit teenoor naby vriende.

IS. Inferior Introverties Sensories. Onder stres kan hulle verlore raak in onbenullige detail.

1 comment:

  1. Alhoewel ek positief toets vir ENTP vind ek tog dat ek alleen beter kan dink en dinge by mekaar sit. Ek verlang eintlik na alleen tyd maar dit lyk my of dit nooit met my kan gebeur nie. Ek voel ook ek het te veel pligte en sal dit nooit kan voltooi nie. Ek het die teenoorgestelde van verveeldheid. Pas ek in by hierdie persoonlikheid

    ReplyDelete

U kommentaar mag verwyder word as dit onvanpas is.